Camping Tips & Tricks

Maklike Karavaan Paklys | Desember 2017

Ek skryf hierdie joernaal vir julle in my moedertaal – Afrikaans.  Die rede is eenvoudig. Een van die lekkerste dele van kamp, vir my,  is om sommer ‘n week of twee vooraf te begin regmaak vir die groot pak!  Die probleem is ek vergeet maklik.  My klein boekie is dus altyd by my om elke item noukeuring te merk as dit sy plek in ons wa kry.  So weet ek alles is daar wat ‘n ma nodig het om te ontspan!  Verder verkies ek om op ‘n lys te werk wat ek reeds vir myself aangepas het en ek voeg slegs die nuwe kamp-datum by. Plus – die lys in Afrikaans kry mens nie eintlik iewers nie!

Hierdie is ‘n foto van my “ou” boekie… (dink almal het so ene!)

Kamp Lys Foto

Met die Desember vakansie om die draai glo ek almal se opgewondenheid loop hoog om te pak en hak!  Ek deel dus graag my nuwe lys voorbeeld met julle en hoop dit help om die pak vlot te laat verloop.   Laat weet my gerus indien ek belangrike items vergeet het!  Ek los oral ‘n paar oop spasies vir daai persoonlike items wat jy graag wil onthou.

Lekker pak!

KLIEK-HIER-BUTTON

Kamp Groete, Terisa

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s