Camping Tips & Tricks

Reg om te ry? Lisensie Sondes…

Ek het al baie gesien mense praat oor die regte besturslisensie om jou wa te sleep. Om eerlik te wees, ek het nog nooit regtig gekyk of is myne reg nie. Vandag het ek egter moeite gedoen om te gaan oplees om seker te maak ons kry nie ‘n lekker vet boete oppad terug van ‘n lang vakansie af nie. (Ek voel al hoe sak my moed in my skoene as daai tannie in lig-bruin voor ons in die pad spring…)

Hier is dit dan. Soos ek dit verstaan.

Jou lisensie lyk so:

Suid Africa Bestuurslisensie Kaart Voorbeeld

Soos jy kan sien is daar reeds kortliks op die kaart ‘n verduideliking wat is wat.

Eers ‘n paar terme om te verstaan:

  • Tarra: Die gewig van ‘n leë voertuig/wa. Hierdie is die gewig waarop die wa gelisensieer word (Licensing Mass). (Dan moet jy hom nog pak!)
  • Bruto voertuigmassa (BVM), op jou lisensie kaartjie in engels “GVM”: Die maksimum werkgewig / massa van ‘n voertuig soos deur die vervaardiger aangedui, insluitende die voertuig se onderstel, bakwerk- en enjinvloeistowwe, brandstof, toebehore, bestuurders, passasiers en vrag, maar enige sleepwaens uit.

Die RSA Departement van Vervoer  verduidelik dat verskillende lisensies word uitgereik vir die verskillende kategorieë motorvoertuie. Hierdie is wat vir kampers van belang is:

  • Kode B: Dit is vir ‘n motorvoertuig, insluitende ‘n minibus, bus en goederevoertuig, met ‘n bruto voertuigmassa (BVM) van hoogstens 3 500kg.  Jy mag slegs ‘n waentjie of wa met ‘n BVM van 750kg of ligter sleep.
  • Kode C1: Dit is vir ‘n motorvoertuig, ‘n bus, minibus of goederevoertuig met ‘n bruto voertuigmassa tussen 3 500 kg en 16 000 kg.
  • Kode EB:
    • ligte motorvoertuig wat ‘n sleepwa trek met ‘n bruto kombinasie massa van hoogstens 3 500 kg.
    • kombinasie van ‘n motorvoertuig met ‘n tarra van hoogstens 3 500 kg en ‘n minibus-, bus- of goederevoertuig met ‘n bruto voertuigmassa van hoogstens 3 500 kg.

Om dit beter te verstaan moet ons seker weet wat ons weeg ons sleep kombinasies. Hier is ‘n paar voorbeelde:

Voertuie:

Model Gewig
Toyota Fortuner (Second Generation) 2 060 kg
Ford Ranger (T6) Tussen 1 866 kg – 1 968 kg
Land Rover Discovery (L462) Tussen 2 193 kg – 2 230 kg
Volkswagen Transporter Tussen 1 798 kg – 1 972 kg

Sleepwaens (Tarra):

Model Gewig
Bushbaby 360 kg
Eco Offroad 290 kg – 545 kg
Eco Caravan 660 kg – 1 050 kg
Sprite Swing 2016 1 016 kg
Jurgens Penta 137 1 530 kg

Jy gaan dus jou unieke som moet doen en besluit of is jy reg om te ry?

Volgens ‘n artikel op Maroela Media is daar ongelukkig nie ‘n maklike manier om van ‘n kode B na ‘n kode EB lisensie op te gradeer nie. Die motoris moet die leerlinglisensie asook die praktiese toets oorneem .

Belangrik om te onthou!

  • Met ‘n B-lisensie mag jy nie ‘n sleepwa of karavaan sleep wat meer as 750kg weeg nie.
  • Indien daar iets op die pad verkeerd loop, gaan jou versekering nie jou dek as jy ‘n verkeerde lisensie gehad het nie.
  • Beste raad is om ‘n EB lisensie te kry – vroëer as later!

Waar kyk jy watter tipe lisensie het jy?

Voor op jou lisensie kaartjie sal jy die kode sien.

Kode-EB-Lisensie

Sterkte indien jy moet verander… onthou – dis ‘n proses. Byt maar op jou tande.

 

Kamp groete
Terisa

Bronne:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s